Spanskaak toernooireëls

Fide-reëls geld deurentyd,tensy dit anders deur die toernooireëls bepaalword:

  1. Tydsduur is 20 minute aan elke kant.
  2. Verstektyd is 5 minute.
  3. ‘n Onwettige skuif word voltooi nadat die skaakstuk gelos word (d.w.s. nie net geraak word nie), en nadat die horlosie geaktiveer is. Tweede onwettige skuif beteken game over.
  4. Slegs die opponente mag ‘n onwettige skuif eis (aanmeld). Arbiters neem egter die finale besluit.
  5. Touch movetree in wanneer die skaakstuk daardie spesifieke blok verlaat het.
  6. Spelers mag nie met mekaar praat of geluide maak nie. Gebaretaal of geheime kodes word gesien as hulp aan spanmaats. Spelers kan ook nie hul spanmaats herinner om die horlosie te aktiveer ná ‘n skuif nie.
  7. Toeskouers mag nie inmeng nie. Die span wat deur toeskouers bygestaan of gehelp ​​word, kan met ‘n ½ punt gepenaliseer word.Spelers wat mekaar help kry dieselfde boete.
  8. Skaakstukke moet met die hand geskuif word en nie met die voet nie.
  9. ‘n Spelermag eers op die bord beweeg nadat die opponente die horlosie geaktiveer het. As ‘n speler nie ‘n skuif kan maak of die horlosie kan aktiveer as gevolg van beperkings soos krukke, kan ‘n bykomende helper gebruik word om die speler se skuiwenamens die speler te maak soos dit deur die speler aangedui word. Die helper kan die horlosie ook namens hierdie speler aktiveer.
  10. Die teenstander mag nie die bord betree of ‘n skuif begin alvorens die ander span se spelersy/haar skuif voltooi en die klok geaktiveer het nie.
  11. Stukke wat deur spelers omgestoot/omgestamp word, moet herstel word voordat die horlosie geaktiveer word.
  12. Wanneer ‘n span se tyd uitgeloop het, sal hulle toegelaat word om hul laaste beweging te voltooi, indien hul reeds op die bord was voordat die tyd verstreke was. As hierdie skuif die gevolg is van ‘n skaakmat, sal die skaakmat aanvaar word ​​en hulle sal nie met tyd verloor nie.
  13. Wanneer ‘n span meer as 20 sekondes neem om ‘n skuif te maak, kan die arbiter hulle herinnerdat hul tyd uitloop. Spelers mag egter nie hul spanmaats aan die tyd herinner nie.
  14. Elke span wat met skaakmat wen, sal 3 punte ontvang.
  15. Elke span wat met tyd of met onwettige skuiwe van hul opponente wen, sal slegs 2 punte kry.
  16. Wanneer ‘n arbiter sien ‘n span mors tyd om eerder met tyd te verloorin plaas van ‘n skaakmat, kan die arbiter die wenspan met ‘n halwe punt bevoordeel, wat beteken dat die wenspan nie met 2 punte wen nie, maar met 2½ punte.
  17. 17. Die volgorde waarvolgens spanspelers speel in elke wedstryd word tydensregistrasie bepaal. Elke speler kry ook ‘n nommer (1 tot 5/6) om die volgorde te behou.
  18. ‘n Span mag nie met minder as 5 spelers in hul span speel nie. Hulle word wel toegelaat om met 6 spelers te speel.
  19. Elke span se spelers moet ingeskrewe lede van hul eie skool wees.
  20. Wanneer ‘n speler die koning in skaakplaas, hoef die speler nie “skaak” te sê nie.
  21. Daar sal geen gelykopuitslag wees nie. As daar ‘n gelykop-uitslag volgens die FIDE-reëls is (bv

pat-posisie), wen die span wat met die swart stukke gespeel het, as hulle genoeg mat-materiaal besit. As swart nie skaakmat-materiaal het nie, sal wit wen.

  1. Wanneer ‘n speler weens ‘n dringende probleem nie met die wedstryd kan voortgaan nie, mag die reserwe in sy plek voortgaan om in sy/haar plek te speel. Die vervangde spelermag nie weer gedurende die verloop van hierdie spel die reserwe vervang nie.As ‘n span nie ‘n reserwe het nie, moet die span wag, terwyl die tyd voortgaan. Die span (sonder reserwe) mag dan nie voortgaan met die oorblywende vier spelers nie. Wanneer hul tyd uitgeloop het, wen die opponente met tyd.
  2. Geen senior primêre spelers (graad 4-7) mag in ‘n junior primêre laerskoolspan (graad 1-3) speel nie.Junior spelers mag wel in ‘n senior primêre spanspeel.
  3. Geen amptelike notering vind plaas nie, maar die spanbestuurder of afrigter mag aantekeninge namens die spansplers maak.
  4. Spelers moet na die horlosie stap om dit te aktiveer. Geen hardloop op die skaakbord is toelaatbaar nie.
  5. Voor die wedstryd ‘n aanvang neem, sal die wedstrydbeamptes/arbiters aandui waar om die stukke te plaas wat gedurende die spel van die opponente geneem word.
  6. Voor die aanvang van elke wedstryd word daar vir ‘n spesifieke kleur(wit of swart) geloot. Die speler wat die loot wen, het voorrang om die kleur te kies. Dit kan gebeur dat ‘n span twee keer in ‘n ry wit of swart kan speel.
  7. Indien span A met TYD gewen het(2 punte), kan span A aankondig of hulle met die spel wil voortgaan vir ‘n moontlike skaakmat-uitslag, om 3 punte te verdien of hulle kan die status que aanvaar en 2 puntebehou.Hierdie besluit om voort te gaan moet binne 30 sekondes geneem word. Wanneer span Avoortgaan, word beide spanne se horlosies gelyk gestel met die oorblywende tyd wat span A gehad het toe span B met tyd gewen is. Die volgende scenario’s geld:

– As span A weer mettyd wen, kry hulle 3 punte (want dit was ‘n dubbele wen).

– As Span A met ‘n skaakmat wen, kry hulle 3 punte.

– As span B met tyd wen, kry hulle 2 punte (Span A verbeur dan hul oorspronklike 2 punte).

– As span B met skaakmat wen, kry hulle 3 punte (Span A verbeur dan hul oorspronklike 2 punte).

  1. 29. Indien twee spanne gelykop eindig in die eerste of tweede plek (vir ‘n posisie in die uitspeelwedstryde), sal hulle moet uitspeel, ongeag hoe hul punte in die groepswedstryde (poelwedstryde) aangeteken is. Dws Voorbeeld 1: 2 x skaakmat (3×2=6) + 1 verloor (0 punte) = 6 punte; Voorbeeld 2: 3 x gelykop (2×3=6) = 6 punte. Beide spanne het 6 punte en moet dus uitspeel vir die eerste/tweede plek (2 x skaakmat weeg dus nie meer as drie keer gelykop nie). Uitspeel is dus nodig.
  2. Indien ‘n eerste en tweede plek met minder as 1 punt verskil, met ander woorde met ‘n ½ punt, vir die bepaling van ‘n plek in die uitspeelwedstryde, moet nommer 1 en 2 uitspeel, ongeag hoe die punte oorspronklik in die groepwedstryde (poel-wedstryde) aangeteken is.
  3. ‘n Span waar spelers tydens ‘n skaakspel met mekaar praat, word telkens met ‘n ½ punt beboet. Geen vooraf waarskuwing is ‘n vereiste om ‘n span hiervoor te straf nie.